Oor
die band

Millennium is gestig in 2019 deur die 3 Baard broers, Christiaan, Hendré & Morné. Die broers is oorspronklik van Somerset-Wes. Tydens die inperking van die pandemie het die 3 boeties begin saam oefen met hul oog daar op om hul eerste debuut album klaar te hê sodra die inperking verby is. In die tyd het die middel broer Hendré die album se liedjies geskryf en in kontak getree met Lee Berg om die album vir hul op te neem. Met baie tyd in Lee Berg se ateljee in Gordonsbaai het die 3 broers en Lee vinnig vriende geraak en saam besluit dat Lee ook deel gaan vorm van Millennium.

Hul eerste album “Ewigheid” is vrygestel in Augustus 2021. Met reuse sukses het Millennium twee musiek video’s laat opneem van “Ewigheid” en “Maak my Heel” wat tans op die kassie vertoon.

Tans is hulle besig met hul volgende enkel snit “Judy” en sal binnekort vrygestel word. Hul musiek kry op alle platforms en sosiale media as ook al hul optredes reg deur Suid Afrika en hiermee ons splinternuwe webwerf!

Die groep is tans besig met hulle eerste nasionale toer van die Kaap, Karoo, Bloemfontein, Potchefstroom en Pretoria in Mei en Junie van die jaar. Hou ons webwerf en sosiale media aandagtig dop vir vertonings in jou dorp!

Hulle visie is om eie aan hul moedertaal, weer Afrikaanse Rock weer terug te bring in die plaaslike musiek bederf. “Ons hou van mense met goeie gees en wil graag vir hul iets oorspronkliks teruggee.” – Hendré Baard (Voorsanger)

Ondersteun ons songs:

Kliek om met ons by te hou:

millennium
toer datums

• Vrydag 26 Augustus – Speakeasy, Durbanville

• Sondag 11 September – Dozi’s Back to the Roots, Hartbeespoort

• Saterdag 24 September – Privaat Geleentheid, Pretoria

• Saterdag 01 Oktober – Aussenkehr, Namibië

• Saterdag 28 Oktober – Ceres Gholfklub

• Saterdag 3 Desember – Brauhaus, Paarl   

• Begin Desember – Matriek Baai, Mosselbaai 

• Saterdag 10 Desember – Lambertsbaai   

• Woensdag 21 Desember – Witsand 

• Vrydag 23 Desember – CatchCook, Struisbaai

• Maandag 26 Desember – Drie Ankers, Stilbaai  

• Donderdag 29 Desember – CatchCook, Struisbaai 

• Saterdag 31 Desember – Vioolsdrift

Kontak Ons

    Vir meer besonderhede,
    kontak ons agent:

    Louis Swanepoel